southafricanlisted, local and safe classifieds market in india.
States
For Sale
Real Estate
Jobs

Motorhome - Camper - - Partnership Purchase - Venootskap Aankoop in Bellville, Western Cape for sale

Trailers & Mobile homes

Motorhome - Camper - Partnership Purchase - Venootskap Aankoop
Is jy 'n afgetredene wat :
- hunker na jou eie Motorhome om vakansie in gerief te hou,
- maar sien nie kans om R300.000 te spandeer vir 'n bate wat selde meer as 2 maande in 'n jaar gebruik word nie?
Ek is so 'n afgetredene:
- Ek is 67 jaar oud
- Hou van kamp-vakansie in gerief - Het 'n groot Motorhome besit vir 3 jaar, en verkoop weens onbruik
My idee:
- Kry 4 afgetredenes in die Weskaap wat dieselfde behoefte het
- Koop 'n Motorhome - soos Southafricanlisted ad
2003 Iveco Campervan/Motorhome for Sale!
- Gaan die volgende "Vennootskap Ooreenkoms" aan:
- Elkeen betaal R60.000 x5 = R300.000
- Elkeen kry gebruik vir 2 maande = 10 Maande
- Die ander 2 maande kan onderhandel word teen ekstra bydrae
- Elkeen betaal sy eie brandstof
- Die lopende koste (Diens, engin herstelwerk, versekering) word verdeel op grond van die afstand wat elkeen ry
- Herstelwerk aan Gerief items, word verdeel volgens die tydperk wat gebruik word
- Indien Lid wil onttrek, moet 3 maande kennis gegee word.
- Indien die meerderheid lede (3) besluit om die Ooreenkoms te beeindig, word die Voertuig verkoop.
Sake om uit te pluis:
- Een persoon moet die Voertuig in sy naam registreer en lisensie/versekering reel
- Een van die Lede moet spasie by sy huis voorsien om die Voertuig te parkeer.
- Dit moet onderdak wees - koste van so 'n uitgawe sal deur almal betaal word. Indien dit reeds bestaan, kan die Struktuur deur die lede "gekoop" word. Die Kapitale koste kan jaarliks vir bv 10 jr (?) waarde verminder, en die eienaar moet bereid wees om die ander lede te vergoed vir die struktuur, indien die ooreenkoms ontbind word.
- Dit is noodsaaklik dat voornemende lede by mekaar vertroue inboesem. Die "uitklaring" van die finale groep, sal dus baie deursigtig gedoen moet word. Elkeen sal egter die reg he om self te besluit of hy/sy tevrede is met die ander 4 Lede.
- Dit is noodsaaklik dat van die Lede aan die volgende vereistes voldoen:
- Egpaar sonder afhanklike kinders.
- Almal moet reeds afgetree wees en NIE gebind wees tot sekere vaste vakansie-tye nie.
- Een moet bereid wees (en genoeg vertroue inboesem om almal se steun te kry) om as Geregistreerde Eienaar, die verantwoordelikheid vir die Versekering & Lisensie te neem en gereeld aan almal bevestig dat dit betaal word. Weens die erns van die saak, sou ek dit graag self wil doen, maar die posisie sal deur almal aanvaar moet word.
- Een moet eiendom besit waar die Afdak opgerig en Voertuig gestoor kan word.
- Indien een meganies sterk aangele is om onderhoud te doen, sal dit 'n groot bate wees vir die Venootskap.
- Dit sou natuurlik voordelig wees indien al 5 lede in dieselfde kontrei woon - Indien ek ingesluit word, sal dit dan in die Noordelike Voorstede moet wees.
Al bg voorgestelde reels kan aangepas word - dit is slegs 'n basis tot onderhandeling.
Ek stel die volgende proses voor:
- Kontak my indien jy belangstel om te bespreek
- Ons leer mekaar ken deur uitruil van persoonlike besonderhede om geloofwaardigheid te bepaal.
- Ons bespreek die konsep en kyk hoe ver ons ooreenstem
- Dan ontmoet ons mekaar en bespreek die volgende stap.
Ek woon in Stellenridge (naby Stodels)

>> Click here to search for more - Trailers & Mobile homes in Western Cape